Eva en haar Adam

R210,00

2 in stock

Category:

Description

Sy sit op ‘n hoë kroegstoeltjie, voete ligweg gekruis om die hoë hakke ten beste te vertoon en bokant dit swart sykouse met patroontjies op om die aandag op haar welgevormde bene te trek. Die swart mini is nét lank genoeg om nie heeltemal onwelvoeglik te wees nie. Die bolyf sit knus genoeg om die ronding van haar borste ‘n bietjie te lig, maar geen juwele om die aandag daarvan af te lei nie.

Haar grimering is met ‘n swaar hand aangewend en onder die vals oogwimpers dartel die groen oë lewendig rond. Haar hare is pikswart en hang langs haar gesig verby tot ver verby haar skouers.

Sy teug liggies met bloedrooi lippe aan ‘n drankie en as sy nie haastig is om dit klaar te maak nie, kom niemand dit agter nie. Af en toe waag ‘n man dit nader, duidelik alleenlopers, maar hulle wys sy met ‘n kil blik weg. Hierdie gewone alledaagse mans is nie haar teikenmark nie. Haar oog is op die paar besigheidsmanne wat duidelik hier vergader om die een of ander belangrike transaksie te beklink en dan ‘n bietjie afleiding soek voordat hulle terugkeer na ‘n huis met ‘n vrou en kinders.