Agter die storie
Half Gewonne
Hierdie afdeling word binnekort uitgebrei met die verhaal agter die ontstaan van Half Gewonne.
Agter die storie
Die ontstaan van Half Gewonne – 'n Bundel vir Eerstes, in Wilmarí Jooste se eie woorde.
’n Raps meer as ’n jaar gelede, het ek besef dat daar ’n leemte is vir skrywers met geen ondervinding of formele onderrig. Omdat ek self juis dáár begin het voordat ek in 1997 my eerste boek op die rak gehad het, het ek geweet hoe onseker ’n mens kan wees oor hoe om te skryf. Die kursusse wat wel beskikbaar is, is baie duur, veral vir persone wat nie juis ’n inkomste verdien nie. Daar het die idee ontstaan om ’n praktiese skryfkursus vir beginners te begin ontwikkel.
Ek het met net ’n paar voornemende skrywers begin werk en die satisfaksie om hulle te sien ontwikkel, was vir my die grootste beloning denkbaar. Om verdere groei aan te moedig, het ek voorgestel ons begin werk aan ’n kortverhaalbundel. Dit het ’n hele paar maande geneem om saam met hulle deur alles te werk, maar ek kan vandag met trots sien hoe hulle ontwikkel het.
Die uiteinde van almal se harde werk is nou uiteindelik voltooi: Half Gewonne – ’n Bundel vir Eerstes.
Vir elkeen van hierdie skrywers wil ek sê dat dit vir my ’n voorreg is om saam met julle te werk.
’n Baie groot dankie ook vir Heleen Malherbe, wat hierdie bundel vir ons moontlik maak. Jy is ’n ongelooflike mens.
Deelnemende skrywers
- Brenda van Vuuren
- Charné Harding
- Chris Jansen
- Juleandre Bianchi
- Marianne Fourie
— Wilmarí Jooste