Wilmarí Jooste
SKRYWER

Wilmarí Jooste

Skrywer

Biografie

Ek is gebore en het my skooljare deurgebring in Zeerust, daar in die verre Noordweste. Na matriek is ek Vrystaat toe waar ek as dansinstrukteur my studios op die been gebring het. Ek het my man in Reitz ontmoet en ons in na ʼn blitsromanse van drie maande getroud. Ons is woonagtig vanaf 2015 in die skilderagtige Ladismith, so aan die voet van die berge, waar ek dansklasse gee. Wanneer ek nie klasgee of voor die rekenaar is nie, is ek lief om tyd voor my kunstafel deur te bring, of saam met my man die wêreld te verken.

Ek het in 1997 begin skryf en het by LAPA, Perskor en Tafelberg boeke gehad, waar ek onder meer in 1999 en 2001 drie boeke op die kortlys van beste romans by LAPA gehad het. Na twintig jaar en twintig titels op die rak, het ek 2018 die besluit geneem om na Malherbe-Uitgewers te skuif, vanweë hulle persoonlike betrokkenheid by hulle skrywers. Maart 2018 het my boek 'Dertien vir geluk' by hulle verskyn. Ek het 19 titels by Malherbe Uitgewers op die rak. Eerste druk, herdruk en in omnibus vorm is 55. My nuutste boek, 'Terwille van Amoré' word binnekort vrygestel.

Het ek 'n graad om te kan skryf? Ja 'n ruggraat. Ek het aan die begin skelm in 'n hardeband boek geskryf. Op 'n manier het my man dit agter gekom waarmee ek besig is. Hy het 'n tikmasjien en later 'n rekenaar gekoop om dit amptelik te maak. Ek bied 'n praktiese skryf kursus aan om 'gewone' mense te help om te skryf.