Omslag van Liefde vang sy Baas
179 bladsyeRomanseAfr
← Terug na Boeke

Sy weet dadelik wie die aantreklike Adonis is, maar besluit om haar eie speletjie met hom te speel. Ook sy loop haar rieme deeglik styf toe LB agterkom wie sy werklik is.

Nadat Lucinda, die dogter van Christo Frauendorf, haar verlowing met Leon-Brink Malan verbreek, wil LB niks meer met haar te doen hê nie. Tog glo Christo dat LB sy dogter net gebruik het om sy loopbaan te bevorder.

Christo bied die bestuur van sy onderneming aan sy beste vriend in Frankryk se dogter, Jacqueline Giard, aan. Buiten haar uitstekende sakevernuf, dra ook sy die letsels van 'n vorige verhouding.

LB stel nie belang in vroue wat nie intellektueel op sy vlak is nie, maar wanneer hy die naïewe blondekop Lientjie Steenkamp ontmoet, verander alles.

Lientjie weet presies wie die aantreklike sakeman is en besluit om haar eie speletjie met hom te speel. Wanneer LB uiteindelik die waarheid ontdek, sweer hy wraak en die firma begin een kontrak ná die ander verloor.

Sou LB se ongetroude swanger sekretaresse die rede wees waarom Jacqueline besluit om terug te keer Frankryk toe? Of probeer sy eerder van haar eie gevoelens vlug?

Lesersgraderings

Goodreads

☆☆☆☆☆
0 / 5
0 graderings
Lees Goodreads →

Amazon

☆☆☆☆☆
0 / 5
0 resensies
Lees Amazon →

Waar kan ek Liefde vang sy Baas?

Jy kan Liefde vang sy Baas veilig aanlyn bestel by een van die volgende winkels:

Wilmarí JoosteAMPTELIK
Bestel nou →
Malherbe UitgewersBestel nou →

Boekinligting

Skrywer
Wilmarí Jooste
Uitgewer
Malherbe Uitgewers
ISBN
978-1-77632-745-4
Taal
Afr
Hoofgenre
Romanse
Genres
Romance, Romantic Suspense

Uitgawes

2001 LAPA

Eerste uitgawe

2006 LAPA

Omnibus-uitgawe

2022 Malherbe Uitgewers

Herdruk van LAPA-boek

Boeke

Ontdek Wilmarí Jooste se romans.

Omslag van As liefde tuiskom

Wilmarí Jooste

As liefde tuiskom

Alex Zeeman ontdek dat die vrou wat hy jare gelede liefgehad het, 'n seun gehad het wat aangeneem is.

Omslag van Dertien vir Geluk

Wilmarí Jooste

Dertien vir Geluk

Liefde, hoop en tweede kanse verweef in 'n verhaal waar geluk soms uit die mees onverwagte plekke kom.

Omslag van Die Erfgenaam

Wilmarí Jooste

Die Erfgenaam

Jolandi se verlore geheue lei na geheime wat nie net haar lewe nie, maar ook twee beste vriende se toekoms bedreig.

Omslag van Eva en haar Adam

Wilmarí Jooste

Eva en haar Adam

Agter 'n selfversekerde voorkoms skuil geheime wat die verloop van twee lewens vir altyd sal verander.

Omslag van Koopsom van die Liefde

Wilmarí Jooste

Koopsom van die Liefde

Conrad spoor uiteindelik vir Elandri op. Hy is bereid om alles in die stryd te werp om Elandri te besit.

Omslag van Lente-lief

Wilmarí Jooste

Lente-lief

Lente en Christo moet besluit of liefde sterk genoeg is om ouderdomsverskille en geheime uit die verlede te oorwin.

Omslag van Liefste Perskedief

Wilmarí Jooste

Liefste Perskedief

Traumatiese gebeure ruk ’n klomp lewens deurmekaar en Jos maak ’n belofte wat veroorsaak dat hy sal moet terugstaan en Anika laat gaan.

Omslag van Middernagmelodie

Wilmarí Jooste

Middernagmelodie

Vasgevang saam met die rockgroep, die Wilders, moet beide Lorinda en Gareth die waarheid probeer verwerk.

Omslag van Omnibus 2

Wilmarí Jooste

Omnibus 2

Drie geliefde romans – Volbloedvrou vir 'n vaalseun (Babsie Jacobs), Dis mooiweer en liefde (Wilmarí Jooste) en My liefling is 'n wolkeman (Maretha Maartens) – saam in een omnibus.

Omslag van Omnibus 5

Wilmarí Jooste

Omnibus 5

Drie geliefde romans – Bruid uit die koue (Ettie Bierman), Vinkel en koljander (Marijke Greef) en Maalstroom (Wilmarí Jooste) – saam in een omnibus.

Omslag van Paradys

Wilmarí Jooste

Paradys

Wanneer 'n predikant na Paradys gestuur word, ontdek hy dat die grootste wonderwerke in mense se harte gebeur.

Omslag van Slingerpad na die Hart

Wilmarí Jooste

Slingerpad na die Hart

Die vonke spat toe Derrick Stassenheimer, geswore vrouehater en grootbaas van die koöperatiewe reus, Heimers-Industrieë, Melda daarvan beskuldig dat sy Dewald misbruik.

Omslag van Ter Wille van Amoré

Wilmarí Jooste

Ter Wille van Amoré

Tien jaar ná hul egskeiding dwing die noodlot Brink en Moeschke weer bymekaar, met 'n dogter waarvan hy nooit geweet het nie.

Omslag van Versperring Teen Liefde

Wilmarí Jooste

Versperring Teen Liefde

Marnitz en Jankie se liefde word bedreig deur familiegeheime, vooroordele en ’n ontstellende moontlikheid uit die verlede.

Omslag van Wedloop van die Hart

Wilmarí Jooste

Wedloop van die Hart

In 1994 kruis twee mense se paaie tydens ’n eenvoudige oggenddraf – en niks verloop weer volgens plan nie.