
Ant Fifi en ander stories
’n Bundel humoristiese kortverhale vol kleurvolle karakters, lag en hart.
Traumatiese gebeure ruk ’n klomp lewens deurmekaar en Jos maak ’n belofte wat veroorsaak dat hy sal moet terugstaan en Anika laat gaan.
Anika Herbst se ontmoeting met haar nuwe buurman, Jos Joubert, is rampspoedig. Om hom met ’n vrot perske te gooi, dra niks by om die situasie te red toe sy die volgende dag besef dat hy die nuwe skoolhoof is nie.
Die teruggetrokke klein Bennie se skielike spraaksaamheid verklap presies wat Jos van die rooikop onderwyseres dink. Vonke spat aanmekaar tussen hulle en hulle stamp kop om elke hoek en draai totdat Jos naderhand nie meer weet wat hom getref het nie.
Anika kom op die punt waar sy voel dat sy nie langer in Geluksdal kan bly nie.
Traumatiese gebeure ruk ’n klomp lewens deurmekaar en Jos maak ’n belofte wat veroorsaak dat hy sal moet terugstaan en Anika laat gaan.
Jy kan Liefste Perskedief veilig aanlyn bestel by een van die volgende winkels:
1999 LAPA
Eerste uitgawe
1999 LAPA
Kortlys vir 10 beste romans
2006 LAPA
Omnibus-uitgawe
2020 Malherbe Uitgewers
Herdruk van LAPA-boek
2026 Malherbe Uitgewers
Grootdruk-uitgawe
Ontdek Wilmarí Jooste se romans.

’n Bundel humoristiese kortverhale vol kleurvolle karakters, lag en hart.

Alex Zeeman ontdek dat die vrou wat hy jare gelede liefgehad het, 'n seun gehad het wat aangeneem is.

Een onvergeetlike nag lei tot 'n geheim wat twee lewens vir altyd verander.

Liefde, hoop en tweede kanse verweef in 'n verhaal waar geluk soms uit die mees onverwagte plekke kom.

Jolandi se verlore geheue lei na geheime wat nie net haar lewe nie, maar ook twee beste vriende se toekoms bedreig.

Agter 'n selfversekerde voorkoms skuil geheime wat die verloop van twee lewens vir altyd sal verander.

Die eerste publikasie van verskeie nuwe skrywers wat uit Wilmarí Jooste se skryfkursus ontstaan het.

Clarisa vlug van haar verlede, maar ontdek dat liefde ook sy eie geheime dra.

Liefde, gevaar en spanning ontmoet mekaar in die hart van die Groot-Karoo.

Conrad spoor uiteindelik vir Elandri op. Hy is bereid om alles in die stryd te werp om Elandri te besit.

Drie gewilde Wilmarí Jooste-verhale saam in een bundel.

Lente en Christo moet besluit of liefde sterk genoeg is om ouderdomsverskille en geheime uit die verlede te oorwin.

Twee ongelukke en geheueverlies plaas Drian en Tessa se liefde op 'n onmoontlike toets.

Sy weet dadelik wie die aantreklike Adonis is, maar besluit om haar eie speletjie met hom te speel.

Vasgevang saam met die rockgroep, die Wilders, moet beide Lorinda en Gareth die waarheid probeer verwerk.

Drie geliefde romans – Volbloedvrou vir 'n vaalseun (Babsie Jacobs), Dis mooiweer en liefde (Wilmarí Jooste) en My liefling is 'n wolkeman (Maretha Maartens) – saam in een omnibus.

Drie geliefde romans – Bruid uit die koue (Ettie Bierman), Vinkel en koljander (Marijke Greef) en Maalstroom (Wilmarí Jooste) – saam in een omnibus.

Wanneer 'n predikant na Paradys gestuur word, ontdek hy dat die grootste wonderwerke in mense se harte gebeur.

Roem, jaloesie en liefde bots wanneer 'n skoonheidskoningin en 'n rockster mekaar ontmoet.

Die vonke spat toe Derrick Stassenheimer, geswore vrouehater en grootbaas van die koöperatiewe reus, Heimers-Industrieë, Melda daarvan beskuldig dat sy Dewald misbruik.

Tien jaar ná hul egskeiding dwing die noodlot Brink en Moeschke weer bymekaar, met 'n dogter waarvan hy nooit geweet het nie.

Liezel en Dean ontdek dat ware liefde soms die grootste opofferings vra.

’n Fantasieroman waarin liefde, towery en gevaar hand aan hand stap.

Marnitz en Jankie se liefde word bedreig deur familiegeheime, vooroordele en ’n ontstellende moontlikheid uit die verlede.

Wanneer twee vreemdelinge se paaie elke oggend kruis, ontdek hy die waarheid agter haar stil pyn.

Liefde, gevaar en onverwagte tragedie bring twee broers en twee vroue se lewens onherroeplik bymekaar.

’n Gesamentlike digbundel deur Wilmarí Jooste en Trientjie Malan.

In 1994 kruis twee mense se paaie tydens ’n eenvoudige oggenddraf – en niks verloop weer volgens plan nie.