Tien jaar na hul egskeiding kruis Moeschke en Brink Lategan se paaie weer. Al die ou verwyte en seer is steeds daar, maar nou is daar iemand ander om mee rekening te hou: hul dogter, Amoré van wie Brink nooit geweet het nie. Intussen is Helen, die vrou vir wie Brink Moeschke verlaat het, glad nie daarmee gediend dat Amoré `n plek in Brink se lewe kry nie. Is haar jaloerse verwyt dat Brink Moeschke steeds liefhet die waarheid? En is die aantreklike Hannes Lottering wat so om Moeschke draai `n ware man, of is hy `n wolf in skaapklere? Wanneer Moeschke voor die grootste krisis in haar lewe te staan kom, is dit die mees onverwagte antwoord wat uitkristalliseer.