Wilmarí Jooste

Leef jou Droom

Sponsor: Centapos Business Network Services

Home Nuutste Boeke Amazone Boeke Boeke

“Wat is dit aan Derrick Stassenheimer dat almal so versigtig is vir hom? Het hy iets teen mense?” vra Melda reguit.

"Nie teen mense nie, my kind, teen vroumense. Hy gaan nie die wêreld vir jou aangenaam maak nie," sê tant Liefie kopskuddend.

Melda Malan het egter net so `n opvlieënde humeur, en toe Derrick, die grootbaas van die korporatiewe reus Heimers-Industrieë, haar in geen onsekere taal nie daarvan beskuldig dat sy sy broer, Dewald, misbruik, kom hy sy moses teë. Dewald Stassenheimer is inderwaarheid baie lief vir Melda, maar sy is te trots en hardkoppig om enigiets van hom te aanvaar.

Dan gebeur daar onverwags iets baie intiems tussen Derrick en Melda, en dit het `n reeks kettingreaksies tot gevolg wat die Stassenheimer-huishouding tot in sy fondamente skud.

SLINGERPAD NA DIE HART is die uitmuntende debuutroman van Wilmarí Jooste, uit wie se pen `n mens hoop nog vele stories sal verskyn. Sy skryf boeiend, pittig en met vonk, wat jou die verhaal weer en weer wil laat lees.

Derrick Stassenheimer, die grootbaas van Heimers-Industrieë, koester `n wrok teen vroumense, en Melda Malan word gewaarsku dat hy die wereld vir haar baie moeilik gaan maak. Maar Melda het nie `n bang haar op haar kop nie, en toe Derrick haar in geen onsekere taal nie daarvan beskuldig dat sy sy broer Dewald misbruik, kom hy sy moses teè.

Dan gebeur daar onverwags iets tussen Derick en Melda, en dit het `n reeks kettingreaksies tot gevolg wat die Stassenheimer-huishouding tot in sy fondamente skud….

Slingerpad na die hart