Wilmarí Jooste

Leef jou Droom

Sponsor: Centapos Business Network Services

Home Nuutste Boeke Amazone Boeke Boeke

Adjudant-offisier Rick Terblanche kom op Parkersrus aan, 'n gasteplaas in die middel van die Groot-Karoo, om weg te kom van trauma wat hom byna sy lewe gekos het.

Hy is 'n hondehanteerder maar sy hond, Ruben, skep 'n wesenlike probleem omdat Amy Parker, die meisie in beheer van die gasteplaas, doodbang is vir honde. Dit kos heelwat oorreding van Rick om haar te laat instem dat Ruben daar mag bly.

Na slegs 'n kort rukkie, weet Rick dat Amy die vrou is wat hy wil hê, maar Amy het al vantevore seergekry en sy is nie bereid om so maklik te vertrou nie. Rick weet wat hy wil hê en daar is 'n hewige chemiese reaksie tussen hulle waarteen Amy nie bestand is nie.

Rick is 'n stadsmens... Amy 'n plaasmeisie. Dit dreig om enige moontlike verhouding in die kiem te smoor. Rick het egter groter probleme as om net vir Amy te oortuig dat hulle saam 'n toekoms kan hê, want die rustigheid daar in die Karoo word ernstig bedreig deur 'n gewetenlose sindikaat wat nie gaan toelaat dat iemand in hulle duiwelsepad kom nie.

Gaan Rick en Amy al hierdie probleme kan oorbrug?

Bestellings