Clarisa Prinsloo se enigste begeerte is om haar pynlike verlede agter te laat en skoon te begin, en `n desperate kinderlose vrou bied aan haar `n uitweg. `n Kind laat hom egter nie sommer weggee soos `n klein hondjie nie, en Clarisa se besluit spook by haar. Dis die aantreklike dokter Jurie du Toit wat haar weer hoop gee en haar inspireer om ook ander te wil help. Na haar opleiding as verpleegster werk hulle by die selfde hospitaal, en hul vriendskap verdiep vinnig tot iets meer. Maar Jurie is vasgevang in sy sware verpligting teenoor Anéle…..hoe kan Clarisa haar geluk bou op `n ander se ongeluk? En watter reg het sy om haar belofte van jare gelede te verbreek?