Wilmarí Jooste

Leef jou Droom

Sponsor: Centapos Business Network Services

Home Nuutste Boeke Amazone Boeke Boeke

Koopsom van die liefde

Elandri Duvenhage het albei haar ouers verloor toe sy kwalik sestien was en bly nou al drie jaar lank by haar oom. Maar hy is alte bewus van die paar miljoen rand wat haar ouers vir haar in `n trustfonds nagelaat het en wat sy gaan ontvang wanneer sy mondig word. Sy besigheid is in die moeilikheid en met `n gekonkel probeer hy Elandri dwing om met die prokureur Conrad Maritz, wat die trustfonds bestuur, te trou sodat hy die besigheid met haar trustgeld kan red.

Elandri slaag daarin om te ontvlug en gaan skuil in `n afgeleë strandhuis. Soos die toeval dit wil hê, kom soek `n vriend van `n vriend ook daar skuiling omdat hy, hoewel onskuldig, vir die polisie vlug. Die twee leer mekaar teen wil en dank goed ken en ondersteun mekaar, maar raak ook verlief….

Intussen is Conrad meedoënloos op soek na Elandri, want niks gaan hom keer om die pragtige jong meisie sy vrou te maak nie.