Marnitz Meyer is hoof van `n hospitaal se ongevalleafdeling. Hy is die seun van `n man wat as misdadiger gesterf het en `n vrou wat tien jaar in die tronk was vir moord, en is daarom van nature teruggetrokke. Maar dan ontmoet hy vir Jankie Bekker, `n toegewyde poliesievrou. Hulle voel dadelik aangetrokke tot mekaar, maar die oomblik breek aan dat hy moet erken wie sy familie is, en hy word deur haar ouers verwerp. Jankie is egter nie bereid om tou op ter gooi nie – totdat sy tot die ontstellende besef kom dat daar `n familieverwantskap tussen hulle mag wees – broer en suster …..?