Dominee Hanro Jordaan glo dat hy die ideale predikantsvrou gevind het in Charlotte Barnard. Nie net is sy die gemeente se orreliste nie, maar sy is mooi, het `n heerlike sin vir humor en is boonop die hoofouderling se dogter en die mees hubare meisie op die dorp. Hy geniet haar geselskap, en glo gou dat hy haar lief genoeg het om met haar te trou. Maar dan ontmoet hy Ruané Theron: kortom, enkelouer en nagklubdanseres, die dorp se skarlakenvrou!