Toe Nadine Mittemeyer hoor dat haar verloofde haar met haar eie suster verkul het, besluit sy om haar lank gekoesterde droom te verwesenlik: sy gaan stad toe trek en daar vir haar `n ryk man soek. Maar die lang blonde man op wie sy halsoorkop verlief raak, is `n motorfietsryer en motorwerktuigkundige… Sy durf nie toegee aan die allesoorheersende passie tussen hulle nie, want sy moet `n ryk man kry, en daarmee basta!