Toe Anika Herbst haar vermetele buurman regsien deur hom met `n vrot perske te gooi, het sy geen vermoede wie hy eintlik is nie. Dit ontdek sy toe sy die volgende dag laat by die skool opdaag. So stormagtig soos wat hierdie verhouding begin, so stormagtig word dit voortgesit, sodat Anika later uitkomkans moet soek, en gedwing voel om weg te gaan van haar geliefde skool en die dorp en sy mense wat sy so liefhet.
Traumatiese gebeure beïnvloed egter haar en `n klomp ander mense se lewensverloop op `n ingrypende wyse.
In liefste perskedief slaag Wilmarí Jooste daarin om die vreugde en hartseer van die liefdespad met deernis uit te beeld.