Alex Zeeman is bekend as `n koue, ongenaakbare man wat op ander mense trap om sy doel te breik en vroue net as afleiding gebruik.
Op pad Johannesburg toe van die kaap af, doen hy by `n gastehuis aan. Daar moet hy tot sy skok uitvind dat die eienares iemand is wat weet wie hy is en hom baie vyandiggesind is. Vicky was Jacoba Strydom se grootmaakkind. Alex het agt jaar gelede `n verhouding gehad met Vicky. Sy het nie sy ryk, snobistiese ouers se goedkeuring weggedra nie, maar Alex was vasbeslote om met haar te trou. Op pad na haar toe, was hy in `n ernstige motorongeluk betrokke, en daarna ses maande lank in `n koma. Toe hy uiteindelik herstel het en na Vicky gaan soek, kon hy haar nêrens opspoor nie. Nou vertel Jacoba hom dat Vicky dood is in `n vliegtuigongeluk, maar wat hom nog meer skok, is die inligting dat sy swanger was en die seuntjie laat aanneem het. Hulle was onder die indruk dat Alex vir Vicky net gebruik het en haar toe vergeet het.
Nadat Jacoba hom vertel het dat die seuntjie deur Trudie en Wessel Coertzen van Pretoria aangeneem is, neem Alex hom voor om die kind tot elke prys te vind…
As liefde tuiskom is `n pragtige, boeiende verhaal wat mens weer laat besef hoe die liefe mense kan verander.