Wilmarí Jooste

Leef jou Droom

Sponsor: Centapos Business Network Services

Home Nuutste Boeke Amazone Boeke Boeke

FOKUS OP DIE LIEFDE


Chandré Verburg verkies om agter die lens van haar kamera te skuil. Sy is nie soos haar niggie Lize wat dol is op die kollig en vriende en geselskap nie. Sy kruip veel eerder weg in haar donkerkamer waar sy suutjies haar natuurfoto’s kan ontwikkel.

Tot Nardo op die toneel verskyn. Nardo Belmont. Eienaar van die beroemde kunsgalery, wat nie bereid is om nee as antwoord te aanvaar nie. En miskien is hy reg: dalk is dit tyd dat sy uit haar dop uitkruip. Maar hoe weet sy sy kan hom – met haar hart en siel – vertrou?