Identiese tweelingbroers, Ivan en Richter Wessels, se wêreld verander binne drie dae in totale chaos. Brandweerman Richter Wessels beland in die hospitaal nadat hy die multimiljoenêr, Mia Reiniër, uit 'n brandende huis red. Advokaat Ivan Wessels loop hom keer op keer vas in verpleegster Bianca Brink. Albei broers vind liefde, maar Mia is nog steeds getroud met Conrad Fourie, en Bianca dryf Ivan teen die mure uit. Dit wil lyk asof tragedie uiteindelik in die pad van liefde gaan staan.