Wilmarí Jooste

Leef jou Droom

Sponsor: Centapos Business Network Services

Home Nuutste Boeke Amazone Boeke Boeke

Wedloop van die hart

Dirk ry tweeduisend kilo's Kaap toe agter Carlana aan. Maar hy vertel haar nie dat hy haar lief het nie, want sy staan in `n ander man se arms.

Terug in Pretoria bring omstandighede hulle weer bymekaar, maar nou mag hulle mekaar nie liefhê nie.

Die saamdraf elke middag, wanneer hulle kan vergeet van die gemeenskap se norme, vergeet van ongeoorloofde liefde en vergeet van Hugo en Leana, word die hoogtepunt van hulle dae.

Saam pak Dirk en Carlana die Hoogland-marathon aan, maar sake loop weer skeef. Hy draai om en stap weg...sonder om te groet.

Vir Carlana bly daar niks meer oor om voor te lewe nie.