Wilmarí Jooste

Leef jou Droom

Sponsor: Centapos Business Network Services

Home Nuutste Boeke Amazone Boeke Boeke

LIEFDE SONDER PERK


Dokter Drian Malherbe besluit om vir drie maande weg te breek uit die Kaap om die moeilikste besluit van sy lewe te neem – of hy in sy liefdelose huwelik moet bly ter wille van sy kinders of nie. Eers in die Laeveld hou hy op ry, en kampeer op Tessa Rossouw, `n pediater se ongerepte plaas.

In die enkele dae wat volg, gebeur die byna ongelooflike: Tessa en Drian ontdek dat hulle mekaar waarlik liefhet en die res van hulle lewens met mekaar wil deel. Tessa vrees egter dat Drian haar eendag daaroor sal verwyt dat sy tussen hom en sy kinders gekom het en ontrek haar sodat hy die finale besluit op sy eie kan neem. Met die belofte dat hy sal terugkom na haar toe, keer Tessa terug na haar lewe in die stad om te wag.

Twee ongelukke, geheuverlies, en `n boemelaar met die selfde kleur hare en oë as Drian ruk hulle lewens egter oornag uitmekaar, en Tessa kom voor die moeilikste besluit van haar lewe te staan: moet sy die waarheid vertel, of haar geluk beskerm?

Liefde sonder perk is `n roerende liefdesverhaal uit die pen van die baie gewilde Wilmarí Jooste. Dit hou jou vasgenael tot op die heel laaste bladsy, en laat jou met `n salige, ewige waarheid: ware liefde ken geen perke nie

3 van die bestes volume 5 is `n bundel vir skoene uitskop en neerval op `n sagte plek. Dis drie sonderlinge romans deur uitgesoekte skryfsters wat hulle penne diep in ontvlugting doop.

In liefde sonder perk, deur Wilmarí Jooste vind en verloor dokter Tessa Rossouw die liefde van haar lewe binne die bestek van enkele dae – maar begin dan `n pad sonder einde loop omdat sy weier om prys te gee.