Wilmarí Jooste

Leef jou Droom

Sponsor: Centapos Business Network Services

Home Nuutste Boeke Amazone Boeke Boeke

ʼn SALUUT VIR LIEFDE


As twee jong verliefdes in `n diep en innige verhouding word André Moolman en Ansunelle de Ville deur iemand anders se toedoen uitmekaar gedryf. Wanneer hulle mekaar sewe jaar later toevallig weer raak loop, besef hulle dat die jare tussenin niks verander het aan hulle liefde vir mekaar nie. Hulle trou twee dae daarna,

Was hulle te haastig? Moes hulle mekaar liewer weer van voor af leer ken het? Sal die liefdesband wat sewe jaar gelede gevorm is, hulle stormagtige huwelik aanmekaar kan hou?

In Wilmarí Jooste se verhaal. `n Saluut vir liefde, veroorsaak die een misverstand na die ander `n onherstelbare breuk tussen twee mense wat mekaar innig liefhet.