Leon-Brink Malan – of LB soos hy genoem word – werk by die firma Frauendorf en seun. Hy was verloof aan Lucinda Frauendorf, dogter van Christo Frauendorf, die besturende direkteur en eienaar. Lucinda het die verlowing verbreek. Nou wil sy sekerlik weer vir LB terughê, maar LB wil niks van haar weet nie. Dit maak Christo woedend en hy sweer wraak.
LB is die aangewese persoon om die leisels by Christo oor te neem wanner hy uittree. Maar Christo weet hoe om LB te tref waar dit die seerste maak. Hy laat vir Jacqueline Giard uit Franfryk kom om die pos van besturende direkteur te vul. Sy rede: Jacqueline is nie net `n baie bekwame sakevrou nie, maar sy is ook deur `n man teleurgestel. Haar verloofde het haar gebruik om `n deel van haar pa se sakeonderneming te probeer inpalm. Sy sal LB Malan dus deeglik op sy plek kan sit. Boonop is Jacqueline beeldskoon.
Dinge verloop egter `n bietjie anders as wat Christo beplan het. Jacqueline en LB ontmoet toevallig voordat sy daar begin werk. Sy besluit om haar eie spel met hom te speel, maar sy loop haar rieme styf, want sy raak op hom verlief…..
Hoe gaan Jacqueline uit hierdie penarie kom? Wat gaan LB doen wanneer hy uitvind wie sy werklik is? En wat van Sandra, sy lojale, ongtroude sekretaresse, se swangerskap?
Liefde vang sy baas is `n lekkerleesverhaal, knap geskryf deur `n gewilde skryfster.