Na sewentien jaar keer dokter Christo Kruger terug na Stilwater toe – net om te ontedek dat die kille Karin de Waal hom nog steeds verantwoordelik hou vir haar man en seuntjie se dood. Haar gevoel het deur die jare verdiep tot `n bittere haat wat roep om wraak – waarvoor sy nou haar kans sien. Sy sal hom slaan waar dit die seerste maak: sy sal hom vervreem van die liefde van sy lewe – haar eie dogter, Belinda….
Want liefde sal oorwin is `n skitterende liefdesverhaal uit die pen van Wilmarí Jooste. Dit is `n roman wat jou sal bybly lank na die laaste bladsy, want dit vertel van die oorwinning van liefde oor haat.